My loopbaan het as 'n deeltydse Eiendomsagent begin in die tweede helfte van 2003 in Centurion by Zenith Real Estate, waar ek saam met Danie Roelofse gewerk het. Aan die einde van 2004 het ek by Eskom bedank en Januarie 2005 het ek die Zenith kantoor in Hartbeespoort begin, waar ek vir 18 jaar en 5 maande suksesvol goeie verhoudings gebou en gehandhaaf het met baie kliënte. Ons het die wêreld wye resessie van 2008 / 2009 oorleef deur die genade van die Here. Ek was altyd dankbaar dat ek in die pragtige omgewing van Hartbeespoort kon woon en werk, daar aan die voete van die Magaliesberg in Schoemanville.
Die laaste paar jaar voor Covid het ek geweet my tyd in Hartbeespoort raak min en geduldig gewag dat die Here vir ons gaan wys waarheen volgende. In Februarie 2022 gee die Here vir ons leiding om te verhuis Mosselbaai omgewing toe. Alles gebeur toe baie vinnig - die Zenith kantoor kry nuwe eienaars van twee top Agente en ons woonhuis verkoop binne 'n dag....danksy die Here se wonderlike voorsiening. Einde Mei 2022 okkupeer ons ons nuwe woning in Outeniquastrand in Groot Brakrivier en begin weer van voor af, soos in 2005. Dit was nie maklik nie, maar die Here is getrou en voorsien op wonderbaarlike wyses vir ons.
Na 4 jaar in hierdie pragtige area het ons die plaaslike eiendomsmark baie goed leer ken sodat ons Verkopers en Kopers van eiendom met eerlike, professionele diens kan bedien. Na meer as 23 jaar in residensële bemarking en verkope, kan ek met vertroue sê dat ek my kliënte met kundigheid en eerlikheid die beste diens kan gee wat verwag word. Beleef die Zenith Real Estate verskil deur my te kontak vir jou volgende eiendoms transaksie .
"Ons doen dinge anders.....en dit werk sedert 2000!"