KOEDOESDOORN ECO ESTATE

Zenith Estates bemark aan ‘n uiters bekostigbare Eco projek! Die plaas is aan die buitewyke van Northam. Hierdie eiendomme kan deur Zenith agente (alleen mandaat) bekom word. Die projek staan bekend as Koedoesdoorn Eco Estate, sou u die plaas van 1500ha besoek sal u verstaan hoekom die plaas so genoem word.

Die projek is in 2 fases verdeel waarvan die 1ste fase reeds 75% uitverkoop is!!! Fase 2 gaan ander pryse hê – dus sal u gou moet spring as u teen die laer prys wil betrokke raak. Die eiendomme verkoop teen R450k vir ‘n 5ha erf en R650k vir 10ha erwe, hereregte en oordragkostes is ingesluit. Verband kostes hierop beloop ongeveer R6500 en R8500 onderskeidelik.

Aangeheg vind ‘n paar fotos – dit is wel so dat ‘n foto baie sê maar, in die geval kan net u teenwoordigheid op die plaas - die volle omvang inneem.
Volgens ‘n paar algemene punte om u aptyd te wek;

  • Ontwikkeling is reeds geproklameer met dienste (Fase 1), Fase 2 is reeds geproklameer maar dienste moet nog ingesit word. Dienste vir Fase 2 behoort so 3 – 4 maande te duur vanaf begindatum van Fase 2.
  • Koedoesdoorns is ongeveer 145 vanaf Pretoria, 165km vanaf Centurion, 25km vanaf Pilansberg, en 35km vanaf Sun City.
  • Water en Krag is reeds aangelê tot op die erf.
  • Erfgrootte en Bosveldomgewing maak dit moontlik om u huis so te bou dat dit nie sigbaar is vanaf die paaie nie.
  • Eienaarsverenigingreëls is op ‘n hoogstaande standaard wat meebring dat die estate altyd ‘n goeie status sal handhaaf.
  • Daar is reeds 13 huise op die estate gebou.
  • Daar is 24 uur sekuriteit. Die totale plaas is elektiesomhein.
  • Heffing is slegs R300 pm. Dit word aangewend vir die instandhouding van die grondpaaie asook die sekuriteits wagte, asook alemene instandhouding.
  • Wild is reeds gevestig op die estate, Koedoes, Zebras, Rooibokke, Rooihartbeeste, Blouwildebeeste  en kleinwild. Daar word van die oortollige wild uitgevang om kameelperde in te koop. Alle wild behoort ook aan die eienaars en word verkoop vir die eienaarsvereniging se staat.
  • Eienaars mag nie die erf omhein nie, maar mag die direkte area om die huis met 1,8m heining omhein.
  • Daar kan ‘n huis asook ‘n “granny flat” op elke erf gebou word, minimum grootte van gebou in totaal  is 120m².
  • Bekostigbare pryse.
  • Waarde van eiendomme behoort drasties te styg in die volgende 2 tot 3 jaar.  

Moet nie uitstel nie – verwesenlik jou droom van jou eie bosveldplaas nou! Skakel my sonder om uit te stel.

Erwe Beskikbaar

N

Padkaart